Zusammenfassung der Ressource
Databasisontwerp
- Potensiële probleme en foute
- ’n Swak ontwerpte databasis kan probleme veroorsaak wanneer jy data wil byvoeg, skrap of opdateer. Hierdie
probleme word onreëlmatighede of anomalieë (anomalies) genoem.
- 1. Invoeg-onreëlmatigheid
- ’n Invoeg-onreëlmatigheid (Insert
anomaly) ontstaan wanneer die
ontwerp van die databasis nie
toelaat dat data bygevoeg kan
word wanneer die gebruiker dit
wil of moet doen nie.
- 2. Skrap-onreëlmatigheid
- Wanneer die skrap van een stukkie
data veroorsaak dat ander, onverwante
data ook terselfdertyd verwyder word
- 3. Opdateer-onreëlmatigheid
- ’n Opdateer-onreëlmatigheid (Update
anomaly) onstaan wanneer ’n
data-item wat verander, in meer as een
rekord in die tabel verander moet word.
- Probleme tydens
data-instandhouding en
dataverwerking ontstaan hoofsaaklik
wanneer data op een of ander
manier herhaal word
- Eienskappe van 'n goeie databasis
- • Die databasis moet nie onnodig data bevat en so stoorspasie mors nie.
- • Instandhouding moet maklik en vinnig kan plaasvind.
- • Onreëlmatighede of anomalieë moet uitgeskakel wees.
- • Navrae moet vinnig en akkuraat uitgevoer kan word.
- Om aan die bogenoemde eienskappe te voldoen moet • ’n
databasis uit ’n aantal tabelle bestaan – - elkeen met ’n primêre
sleutel - elkeen gekoppel aan ten minste een ander tabel deur
middel van ’n primêre sleutel en ’n vreemde sleutel. • alle velde
in alle tabelle slegs een waarde bevat • herhalende
data-inskrywings nie in verskillende kolomme voorkom nie •
dieselfde waardes vir velde nie in verskillende rye herhaal word
nie (behalwe vir vreemde sleutels).
- Ander eienskappe van 'n goeie databasis:
- Data-integriteit - korrekte gebruik van primêre sleutels en vreemde sleutels
- Data-onafhanklikheid (Fiesies en Logies)
- Data-sekuriteit
- Deur middel van : wagwoorde / toegangsregte / data-eknripsie / views