Zusammenfassung der Ressource
Apparatuur / Mobiele Tegnologie
- Voorbeelde van mobiele tegnologieë
- 1. Skootrekenaar en netboek
- Voordele van Skootrekenaars:
- Kragtige SVE (waarop al jou tafelblad se toepassings kan
werk) Volskaalse bedryfstelsel Dit kan uitgebrei word
- Nadele van Skootrekenaars:
- Grootte (te groot om gerieflik oral met jou saam te dra
as ’n mobiele toestel) Batteryleeftyd (te kort om regtig
’n nuttige mobiele toestel te wees – veral as mens dit
met ’n slimfoon of tablet vergelyk) Nie ‘altyd aan’ nie
Geen ingeboude sellulêre data nie
- 2. Slimfoon (’n Slimfoon is basies ’n draagbare
rekenaar. Dit kan foonoproepe maak, maar dit
maak gewoonlik net sowat 5% uit van alles
waarvoor mense slimfone gebruik.)
- Voordele van Slimfoon:
- ‘Altyd aan’ (jy hoef nie te wag tot dit
boot of laai nie) Konvergensie‐toestel
Ingeboude sellulêre data Klein
grootte Ingeboude sensors
- Nadele van Slimfoon:
- Mobiele bedryfstelsel (kan nie
dieselfde volskaalse toepassings as
op jou PC of Mac gebruik nie)
Toevoer kan moeilik wees Nie
maklik om met randapparatuur uit te
brei nie
- 3. Tablette (Slimfone se grooter boeties)
- Tablette het groter skerms as slimfone Alle
tablette met bedryfstelsels vir mobiele toestelle
het dieselfde nadele as slimfone.
Windowstablette wat die volle weergawe van
Windows 8 gebruik, is meer soos skootrekenaars,
en het dieselfde voor‐en nadele as
skootrekenaars (insluitend die korter
batteryleeftyd).
- 4. E-boekleser ( Enkeldoel‐ontwerpe is toegewyde e‐lesers
soos die Kindle en Kobo reader. Toestelle soos die Kindle
Fire is eintlik ’n tablet wat jou ’n volledige, volkleur,
multimediaervaring gee, en mens kan teoreties ook ander
programmatuur op hulle gebruik.)
- Voordele van E-boekleser
- Goedkoper as ’n tablet of slimfoon Kleiner en ligter
Langer batteryleeftyd (weke) Makliker om skerm in sonlig
te lees (werk nie so goed in dowwe lig of donkerte nie)
- Nadele van E-boekleser
- Enkeldoel‐toestel ’n Ekstra
item om rond te dra
- Voordele van Mobiliteit
- hoef jy minder items saam met jou rond te dra
- kan jy funksies op nuwe, kreatiewe maniere
kombineer
- word jy nie deur die tyd en die
plek beperk nie
- kan jy in ’n korter tyd meer bereik of doen.
- Terms
- ALTYD AAN : Mobiele toestelle is nooit af nie – dit is altyd besig om op die
agtergrond te werk. BV. ons hoef nie ons slimfone aan te skakel om te
sien of ons e-pos of boodskappe het nie,
- KRAGTIGE : Slimfone en tablette beskik alreeds oor
multi-kern, 64 bis SVE’s – hulle is amper so kragtig soos
tafelbladrekenaars.
- SAAMGEVOEGDE (CONVERGENT) : Die feit dat
baie soorte tegnologie nou baie klein gemaak kan
word, het dit moontlik gemaak dat slimfone en
tablette die werk van baie verskillende mobiele
toestelle te kan doen.
- MOBIELE TEGNOLOGIE : Daar
is mobiele tegnologie wat jy maklik
kan ronddra, en dan is daar ook
tegnologie wat jy kan dra (dra soos
klere). Mobiele tegnologie is
tegnologie wat nie op een plek hoef
te bly of aan krag of
kommunikasiekabels gekoppel te
wees nie. BV. Gear-horlosies.