Created by Amy Bellew
over 3 years ago
|
||
WAT IS ’N TEKS?
’n Teks is die resultaat van menslike aktiwiteit: op grond van 'n kommunikasieproses word ’n produk (= die teks) tot stand gebring.
Tekste is kommunikatiewe en samehangende eenhede.
TEKSGEBASEERDE BENADERING
Die KABV skryf 'n benadering tot onderrig
voor wat teksgebaseerd, kommunikatief,
geïntegreerd en prosesgeoriënteerd is.
TEKSTIPES (VOLGENS CARSTENS)
Referensiële tekste (deel iets mee)
Informatiewe tekste (feitelike mededelings – soos nuusberigte)
Argumentatiewe tekste (gee beredeneerde verband tussen feite – soos akademiese artikels of verslae)
Instruktiewe tekste (brei leser se kennis uit – soos handboeke)
Narratiewe tekste (gee gebeure weer – soos vertellings)