Created by Anzel Pansegrouw
about 10 years ago
|
||
Question | Answer |
Noem die 4 Kunselemente: | lyn, toonkleur, vorm, tekstuur |
lyn | 'n Lang dun merk of haal wat gewoonlik deur 'n tekeninstrument soos 'n potlood, pen of stukkie houtskool gemaak word. |
toonkleur | 'n Reeks skakerings van donker na lig wat met 'n tekeninstrument gemaak word om skaduwees aan te toon op die voorwerp wat geteken word. |
Vorm | Die buitelyn van 'n voorwerp wat met 'n aaneenlopende lyn geteken word om sy basiese voorkoms te toon. |
tekstuur | Die voorkoms en gevoel van 'n voorwerp wat met behulp van 'n tekenintrument geskepmis om te wys dat die voorwerp glad of grof is. |
Noem die 3 ontwerpbeginsels | balans, kontras, klem |
balans | Die behoefte om al die dele van 'n kunswerk met presies dieselfde gewig te toon. |
kontras | Dit word gebruik om verskille te toon, soos verskil tussen lig en donker |
klem | Spesiale belangrikheid word aan 'n bepaalde deel van 'n kunswerk toegeken. |
Want to create your own Flashcards for free with GoConqr? Learn more.