Created by Hannelie Oosthuizen
over 9 years ago
|
||
Question | Answer |
so arm soos | 'n kerkmuis |
hy bewe soos 'n | riet |
so bedrywig soos 'n | mier |
so bitter soos | gal |
so bleek soos 'n | laken |
so blind soos 'n | mol |
so doof soos 'n | kwartel |
hy weet soveel daarvan soos | 'n kat van saffraan |
so maklik soos | pyp opsteek hand omkeer |
so duidelik soos | daglig |
hy slaan neer soos | 'n os |
( wat ons sê as iemand goed leef) hy leef soos 'n | koning |
pronk soos 'n | pou |
(wat ons sê as iemand 'n 'gesonde' maag het) 'n maag soos 'n | volstruis |
hulle krioel soos | miere |
so leeg soos 'n | eierdop |
so goed soos | goud |
hy vloek soos 'n | matroos |
hy verdwyn soos 'n | groot speld |
( wat ons sê as iemand baie geld het) hy het geld soos | bossies |
so gereeld soos | klokslag |
so fluks soos 'n | voorslag |
so geduldig soos | Job |
hy lieg soos 'n | tandetrekker |
so nors soos 'n | buffel |
so parmantig soos 'n | kalkoenmannetjie |
hy pleit soos 'n | advokaat |
so skaars soos | hoendertande |
so stadig soos 'n | trapsuutjies |
hy waggel soos 'n | eend |
Want to create your own Flashcards for free with GoConqr? Learn more.