1. Voeding: Alle lewende organismes benodig
voedsel, groen plante produseer hulle eie voedsel =
fotosintese en Diere eet diere en of plante
2. Groei: Enige lewende organisme kan toe neem in
grootte van geboorte af (diere) of ontkiem (plante)
3. Voortplanting: Alle lewende organismes kan
nakomelinge voortbring en so die voortbestaan
van hul spesie verseker
4. Respirasie (Asemhaling): Alle lewende
organismes kan energie in hulle liggame
produseer uit voedsel en suurstof
5. Ekskresie (Uitskeiding): Alle
lewende organismes produseer
afvalstowwe. Die liggaam moet van
die afvalstowwe ontslae raak, soos
CO2 (Koolstofdioksied)
6. Sensitiwiteit (Waarneming): Alle lewende
organismes kan op veranderinge in hulle
omgewing (bv. temperatuur) reageer en daarby
aanpas om te oorleef. Diere het sintuie en
plante is sensitief.
7. Beweging: Alle lewende organismes (selfs
plante) kan beweeg om voedsel te versamel
of sonlig te absorbeer. (Sonneblom draai na
die son toe)