Grond is gewoonlik 'n mengsel
van verskillende soorte
grondkorrels in verskillende
verhoudings
SANDGROND
1. Meer growwe sandkorrels as fyn korrels.
2. Voel grinterig as jy dit tussen jou vingers vryf.
KLEIGROND
1. Meer fyn kleikorrels as growwe sandkorrels
2. Droë kleigrond voel glad as jy dit tussen jou
vingers vryf.
3. Nat kleigrond voel klewerig en sal 'n vorm behou
LEEMGROND
1. Leemgrond is 'n mengsel van gelyke
hoeveelhede klei-; sand' en ander grondkorrels
2. Dit bevat ook humus. Humus maak leemgrond
lig en vol voedingstowwe. Plante groei die beste
in leemgrond
3. Soos plant- en dierereste ontbind vorm dit kompos.
4. Baie mense maak kompos uit groente- en vrugteskille,
eierdoppe, blare en grassnysels en spit dit in hulle grond in om
voedingstowwe by te voeg.
In kompos is nie al die plant- en
dierereste ten volle ontbind nie
mens kan nog stukkies blare of
takkies daarin sien.
Sodra dit uiteindelik ten volle
ontbind is verander die kompos
in HUMUS
1. HUMUS is LIG in GEWIG
2. Donker van kleur
Daar is lug en water in
grond
Die korrels sand en klei waaruit grond bestaan, pas nie netjies
inmekaar nie. Daar is ruimtes tussen die korrels wat water en lug kan
hou
Kyk SKETSE bl 175
WATER IN DIE GROND
SANDGROND
Groter ruimtes as by kleigrond,
maar MINDER ruimtes
Water vloei maklik weg
Gou droog na die reën
KLEIGROND
Kan water beter hou as growwer sandgrond.
Klein ruimtes tussen die kleikorrels -
maar BAIE van hierdie ruimtes
Meer ruimte vir water in
kleigrond as growwe grond
Water vloei nie maklik weg nie. Bly langer nat.
LEEMGROND
Mengsel van growwe en fyn korrels
Plante verkies leemgrond
Raak nie te nat of te droog nie
Grond bevat die reste van dooie
organismes en baie klein lewende
organismes
1. Kleiner diere soos erdwurms, krieke en
spinnekoppe help om grond te vermeng.
2. Soos hulle beweeg neem hulle materiaal op die opeervlak,
soos dooie blare en bene van diere in die grond in.
3. Hulle maak ook meer ruimte in die grond vir lug en
water en dan is dit makliker vir plante om te groei.
4. Miljoene soorte baie klein lewende organismes ook in die
grond wat net deur 'n mikroskoop sigbaar is.
5. Die baie klein organismes eet die reste van
plante en diere wat dit laat ontbind.
6. Groter gronddiere meng die ontbinde reste met die
grond soos hulle daardeur beweeg wat voedingsowwe
deur die grond versprei en dit meer vrugbaar maak.
Grond vorm baie
stadig en kan nie
vervang word as dit
weg is nie.
Omdat rotse baie stadig opbreek,
neem dit duisende jare vir grond
om te vorm.
Mense en diere het almal plante nodig
wat in grond groeil
Plante het bogrond met
baie voedingstowwe nodig
om te groei.
Bogrond kan deur water weggespoel
of deur wind weggewaai word. Dit is
EROSIE
As bogrond weg is kan dit nie
vervang word nie. Ons moet grond
bewaar - alle lewe hang af van die
plante wat daarin groei.