Databasisontwerp

Description

Grade 12 Inligtings Tegnologie (IT) Mind Map on Databasisontwerp, created by elnepotgieter on 19/02/2014.
elnepotgieter
Mind Map by elnepotgieter, updated more than 1 year ago
elnepotgieter
Created by elnepotgieter over 10 years ago
65
0

Resource summary

Databasisontwerp
  1. Potensiële probleme en foute
    1. ’n Swak ontwerpte databasis kan probleme veroorsaak wanneer jy data wil byvoeg, skrap of opdateer. Hierdie probleme word onreëlmatighede of anomalieë (anomalies) genoem.
      1. 1. Invoeg-onreëlmatigheid
        1. ’n Invoeg-onreëlmatigheid (Insert anomaly) ontstaan wanneer die ontwerp van die databasis nie toelaat dat data bygevoeg kan word wanneer die gebruiker dit wil of moet doen nie.
        2. 2. Skrap-onreëlmatigheid
          1. Wanneer die skrap van een stukkie data veroorsaak dat ander, onverwante data ook terselfdertyd verwyder word
          2. 3. Opdateer-onreëlmatigheid
            1. ’n Opdateer-onreëlmatigheid (Update anomaly) onstaan wanneer ’n data-item wat verander, in meer as een rekord in die tabel verander moet word.
            2. Probleme tydens data-instandhouding en dataverwerking ontstaan hoofsaaklik wanneer data op een of ander manier herhaal word
            3. Eienskappe van 'n goeie databasis
              1. • Die databasis moet nie onnodig data bevat en so stoorspasie mors nie.
                1. • Instandhouding moet maklik en vinnig kan plaasvind.
                  1. • Onreëlmatighede of anomalieë moet uitgeskakel wees.
                    1. • Navrae moet vinnig en akkuraat uitgevoer kan word.
                      1. Om aan die bogenoemde eienskappe te voldoen moet • ’n databasis uit ’n aantal tabelle bestaan – - elkeen met ’n primêre sleutel - elkeen gekoppel aan ten minste een ander tabel deur middel van ’n primêre sleutel en ’n vreemde sleutel. • alle velde in alle tabelle slegs een waarde bevat • herhalende data-inskrywings nie in verskillende kolomme voorkom nie • dieselfde waardes vir velde nie in verskillende rye herhaal word nie (behalwe vir vreemde sleutels).
                        1. Ander eienskappe van 'n goeie databasis:
                          1. Data-integriteit - korrekte gebruik van primêre sleutels en vreemde sleutels
                            1. Data-onafhanklikheid (Fiesies en Logies)
                              1. Data-sekuriteit
                                1. Deur middel van : wagwoorde / toegangsregte / data-eknripsie / views
                            Show full summary Hide full summary

                            Similar

                            Wat is ’n databasis?
                            elnepotgieter
                            Meervoudige Tabelle
                            elnepotgieter
                            Data-instandhouding en die genereer van inligting
                            elnepotgieter
                            Anatomy and Physiology
                            pressey_property
                            Cells, Tissues and Organs
                            yusanr98
                            Plastics
                            fampulli
                            GCSE Chemistry C1.1 - Fundamental Ideas in Chemistry
                            chancice.branscombe
                            Nutrition
                            manu_maus
                            Summary of AS Psychology Unit 1 Memory
                            Asterisked
                            Physical Geography
                            clongworth25
                            Relationships in A Streetcar Named Desire
                            Emily Garvin-Howard