Bestaan uit die long,
longpypies,longpype en lugpyp. Die
longe is die inisiator. Die longpype is
die geleiers wat die lug gelei na die
strottelhoof toe. Klanke vir spraak
word gevorm deur die normale
asemhaling proses
DIE FONASIESISTEEM:
Bestaan uit die strottelhoof.
Vanaf die lugpype en longpyp
gaan die lug na die
strottelhoof toe. Die
strottelhoof is baie belangrik
omdat die fonators
(stemlippe) daar geleë is.
Word beskerm deur die
skildkraakbeen.
Die rol van die strottelhoof in spraak is as volg. Die
organe binne die strottelhoof speel belangrike rolle.
Die epiglottis bedek keelholte en beweeg saam die
tongwortel. Die epiglottis speel geen rol in
Afrikaanse klanke nie. Die vlas stemplippe affekteer
die kwaliteit van ’n mens se stem as mens siek is.
Die holte van morgagni is verantwoordelik vir die
dra krag van die stem. Die doel van die stemlippe is
om oop en toe te beweeg vir asemhaling en dan ook
te vibreer vir stem.
Die belangrikste geluidsorgaan
is die stemspleet omdat dit
onderskei tussen
stemhebbendheid of
stemloosheid.
DIE SUPRAGLOTTALE SISTEEM:
Bestaan uit die keelholtes, die
mond en die neusholtes.
Die keelholtes: Laringale en orale
keeholtes se funksie is om lug te
gelei na die mondholte. Die orale
keelholtes verander in vorm wat
rede is vir verskille in die
uitspraak van woorde
(resonator).
DIE NEUSHOLTES: Nasale konsonante vorm
gevorm deur die neusholtes, wanneer die lug
deur die neus gekanaliseer word.
Genasaleerde vokale onstaan slegs wanneer
lug net gedeeltelik deur neus gekanaliseer
word.
DIE MONDHOLTE: Belangrikste verstelbare
resonator. Verskillende segmente vorm omdat
mondholte verskillende vorm aanneem. Die
aktiewe artikulators vorm Afrikaanse klanke, dit
is die tong en die onderlip. Die passiewe
artikulators is die bolip en die boonste snytande
en die monddak.