Criado por Monika Vos
aproximadamente 2 anos atrás
|
||
Questão | Responda |
Normaalkrag | krag of komponent van n krag wat uitgeoefen wordop n voorwerp deur die oppervlakte waarmee dit in kontak is, loodreg op die oppervlakte |
Wrywingskrag | krag wat die beweging van n voorwerp teenwerk en wat paralle met die oppervlakte inwerk |
Statiese wrywingskrag | krag wat die neiging van beweging van n stilstaande voorwerp relatief tot die oppervlakte teenwerk |
Kinetiese wrywingskrag | krag wat die beweging van n bewegende voorwerp relatief tot die oppervlakte teenwerk |
Newton se eerste wet | n liggaam sal in toestand van rus of beweging teen n konstante snelheid volhard, tensy n netto krag daarop inwerk |
Newton se tweede wet | wanneer n netto krag op n voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die netto krag; die versnelling is direk ewwredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp |
Newton se tweede wet - momentum | die netto krag wat op die voorwerp inwerk, is gelyk aan die tempo van verandering van die momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag |
Momentum | produk van n voorwerp se massa en snelheid |
Impuls | produk van die netto krag wat op n voorwerp inwerk en die tyd wat die netto krag op die voorwerp inwerk |
Geslote sisteem | sisteem waarop netto eksterne krag nul is |
Beginsel van behoud van liniere momentum | die totale liniere in n geslote sisteem bly konstant |
Arbeid | arbeid verrig op n voorwerp deur n konstante krag is die grootte van die verplasing en die hoek tussen die krag en die verplasing |
Arbeid-energiestelling | totale arbeid verrig op n voorwerp is gelyk aan die verandering in kinetiese energie van die voorwerp |
Konserwatiewe krag | krag wat die arbeid verrig om n voorwerp tussen 2 punte te beweeg, onafhanklik van roete gevolg |
Nie-konserwatiewe krag | krag wat die arbeid verrig om n voorwerp tussen 2 punte te beweeg, afhanklik van roete gevolg |
Beginsel van behoud van meganiese energie | totale meganiese energie in geslote sisteem bly konstant |
Drywing | tempo waarteen arbeid verrig of energie verbruik word |
Doppler-effek | die verandering in frekwensie van die klank waargeneem deur n luisteraar omdat die klankbron en die luisteraar verskillende snelhede het relatief tot die medium waarin die klank voortgeplant word |
Coulomb se wet | die grootte van die eletrostatiese lading wat een puntlading op n ander uitoefen, is direk eweredig aan die produk van die lading, en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen die middelpunte van die ladings |
Elektriese veld | elektriese veld by n punt is die elektrostatiese krag wat per eenheids positiewe-lading wat by daardie punt geplaas word is, ondervind word |
Ohm se wet | die potensiaalverskil oor n geleier is direk eweredig aan die stroomsterkte in die geleier by n konstante temperatuur |
wgk vir n wisselstroom | die wgk-waarde van WS is die GS-potensiaalverskil/stroom wat dieselfde hoeveelheid energie gebruik as die WS |
Foto-elektriese effek | die proses waardeur elektrone uit n metaaloppervlakte verygestel word wanneer lig van n geskikte frekwensie invallend op die oppervlakte is |
Drumpelfrekwensie | minimum frekwensie lig benodig om elektrone uit sekere metaaloppervlaktes vry ste stel |
Werkfunksie | minimum energie benodig om n elektron uit n metaaloppervlakte vry te stel |
Quer criar seus próprios Flashcards gratuitos com GoConqr? Saiba mais.