|
Created by Hannelie Oosthuizen
over 9 years ago
|
|
Question | Answer |
'n baie hulpvaardige persoon | barmhartige samaritaan |
die jongste seun | Benjamin |
wat noem ons twee baie groot vriende | Dawid en Jonatan |
'n listige vrou | Delila |
'n Skynheilige persoon | Fariseër |
'n persoon sonder kultuur en beskawing | 'n Filistyn |
'n reus of 'n baie groot man | Goliat |
'n jaagduiwel | Jehu |
iemand wat altyd kla | Jeremia |
iemand wie se pogings om te troos eintlik net alles vererger | Jobstrooster |
'n baie ou persoon | 'n metusalem |
'n losbandige, wrede tiran | Nero |
'n baie verstandige persoon | Salomo |
'n liefdadige persoon | Dorkas |
iemand wat bewyse soek voordat hy iets glo | 'n Ongelowige Thomas |
'n baie vet persoon | 'n potjierol |
iemand wat volhou tot die bitter einde toe | 'n bittereinder |
iemand met 'n kwaai humeur en 'n skerp tong | 'n Geitjie |
iemand wat baie kort is | 'n buksie |
iemand wat aanhoudend kla | 'n neulkous |
iemand wat kort-kort sy standpunt verander net soos dit hom pas | 'n manteldraaier |
'n persoon wat alles teengaan en altyd vooruitgang strem | 'n remskoen |
'n persoon wat klein of kort is | 'n stoftrappertjie |
'n baie vuil persoon | 'n teerputs |
'n baie lang, skraal persoon | telegraafpaal |
'n persoon wat tot die uiterste gaan vir 'n saak | 'n vuurvreter |
Want to create your own Flashcards for free with GoConqr? Learn more.