Zusammenfassung der Ressource
EBW: Onderwerp 13, Gr7
(KABV)
- Oorsake van sosio-ekonomiese wanbalanse:
- sosio-ekonomiese wanbalanse
= wanbalanse in mense se
toegang tot hulpbronne soos
behuising + gesondheidsorg
- arm gebiede = lewenstandaard is laag
- ryker gebiede = lewanstandaard is hoog
- wanbalans
- oorsaak van wanbalanse = apartheid
- apartheid het op grond van ras teen mense gediskrimineer
- apartheidswette = het verhoed dat swart mense, bruin mense + Indiërs goeie onderwys ontvang het
- dit beteken die mense het nie vaardighede ontwikkel sodat hulle werk kon kry nie
- hulle kon dus nie toegang kry tot goeie gesondheidsorg / onderwys nie
- hulle lewenstandaard het laag gebly + kon niks doen om dit te verhoog nie
- apartheid het van 1948 - 1994 geduur
- So wat veroorsaak nou wanbalanse?
- dit neem baie jare om mense se lewenstandaard uit te balanseer
- onderwys = die sleutel tot toegang tot ekonomiese hulpbronne
- nog 'n oorsaak van wanbalanse = regering se swak dienslewering
- baie mense voel dat plaaslike regering nie vinnig genoeg
munisipaliteite dienste lewer nie
- die feit dat apartheid verby is = nie genoeg om te verseker dat
alle mense toegang kry tot sosio-ekonomiese hulpbronne nie
- Ongelykheid in SA:
- in ons Grondwet sê Handves van Regte dat alle mense gelyk is
- in 2011 het amper helfte van mense onder broodlyn gelewe
- in 2000 het SA die Vereningde Nasies se Millenniumverklaring onderteken
- lande wat die Verklaring onderteken probeer om
millenniumontwikkelingsdoelwitte van Verenigde Nasies te bereik
- Millennium -
ontwikkelings -
doelwitte van
Verenigde Nasies
vir 2015
- verbeter gesondheid van moedere
- bekamp MIV / Vigs
- maak ons lewens meer omgewingsvolhoubaar
- werk as globale vennote saam vir ontwikkeling
- Beëindig armoede + honger
- kry opvoeding vir almal
- veg vir geslagsgelykheid
- verbeter kindergesondheid
- daar was ekonomiese groei sedert SA 'n demokrasie geword het, maar
dit bevoordeel nie almal nie
- Inkomsteverskille tussen mense van
verskillende rasse in 2000
- Radssegroep:
- Swart mense:
- Bruin mense:
- Indiërs:
- Blankes:
- Inkomste:
- R7 283
- R14 126
- R23 938
- R62 260
- dit het in 2012 verbeter
- die ongelykheid tussen mense
- binne rasgroep = groot ongelykheid
- dis omdat swart mense toegang kry
tot beter onderwys + om deel te word
van 'n swart middelklas
- ongelykheid tussen mense = word kleiner, maar
ongelykheid binne rasgroep = word groter
- SA het 1 van grootste ongelykheidskoerse
- armoede + ongelykheidskoerse verlaag nie vinnig genoeg nie
- Onderwys + vaardighede om ongelykheid + ongeregtigheid te bekamp:
- gebrek aan onderwys + vaardighede = belangrikste oorsake van wanbalans
- dis ook belangrikste om ongelykheid + ongeregtigheid te bekamp
- sonder onderwys + vaardighede = nie moontlik om 'n goeie werk te kry nie
- Handves van Regte gee almal, insluitend volwassenes, reg tot basiese onderwys
- ongeveer 20% van staatsuitgawe = vir onderwys
- in 2011 het 70,2% leerders Gr12 geslaag, slegs 24,3% het punte behaal wat hoog
genoeg was sodat hulle verder kon gaan studeer
- daar is groot vaardigheidstekort in SA
- rede = apartheid
- om mense ongeskoold te hou was apartheidsregering se manier
om te verhoed dat mense aan ekonomie deelneem
- 41% van besighede sê dat tekort aan vaardighede belangrikste rede
is dat hulle nie kan uitbrei nie
- dis sleg vir land se ekonomie
- Vaardigheidstekorte
in SA:
- mediese dienste
- inligtings- +
kommunikasie-tegnologiedienste
(IKT)
- ingenieurswese
- bestuur
- onderwys
- regering het wette soos Wet op Vaardigheidsontwikkeling afgekondig om vaardighede te verbeter
- ingevolge die Wet op Vaardigheidsontwikkeling moet besighede saam
regering werk om werkers se vaardighede te verbeter
- hulle doen dit deur elke maand 1% van werknemers se salarisse te betaal aan regering
- regering gebruik dan die geld om programme vir vaardigheidsontwikkeling aan te bied
- programme sluit leerlingskappe in
- Stedelike + landelike uitdagings:
- in 2010 het 62% van bevolking in stedelike gebiede gewoon
- getal word meer omdat mense na stedelike gebiede op soek na werk
- landelike gebiede = meer armoede
- bevolking is ook baie kleiner in landelike gebiede as in stedelike gebiede
- dis dan maklik vir politici om van landelike gebiede te vergeet
- politieke mag word dus gesentraliseer in stedelike bevolkings van stede
- werkers trek na stedelike gebiede en stuur dan geld terug huis toe vir familielede
- dit beteken landelike ekonomieë groei nie vinnig nie
- wanneer mense trek van die platteland af na
stad toe gaan inheemse kennis verlore
- dit is belangrik dat inheemse kennis nie net in
landelike gebiede gebruik word nie
- landbou-ekonomieë word minder belangrik as
stede se industriële ekonomieë
- dis moeilik vir regering om dienste aan landelike gebiede te gee
want die mense is baie ver uit mekaar versprei
- landelike werkers verdien ook minder as stedelike werkers
- 70% van arm mense = in landelike gebiede
- baie van hulle kan nie werk kry nie = te min infrastruktuur
- bou dikwels eie infrastruktuur
- min skole / is te ver so kinders kan nie skool toe gaan nie
- stede het ook uitdagings. bv.:
- werkloosheid
- oorbevolking
- swak dienslewering
- misdaad
- MIV / vigs
- omgewingskade
- stedelike gebiede = oorbevolk omdat baie mense soontoe trek
- daar moet dan baie meer skole gebou word vir kinders wat soontoe getrek het
- apartheidstelsel het stede volgens ras afgesonder (segregeer)
- dit beteken swart mense mag nie in 'wit' gebiede gewoon het nie
- hulle moes in townships ver weg bly
- regering het nie in infrastruktuur daar belê nie
- bevolkings in townships is groot, misdaad
+ gebrek aan sanitasie = probleem
- +-50% van swart mense in Kaapstad + Durban bly in
plakkershutte in informele nedersettings
- siektes versprei vinnig as gevolg van gebrek aan sanitasie
- nywerhede in stedelike gebiede benadeel omgewing
- bv. myne wat suur mynwater dreineer
- Skep van volhoubare werksgeleenthede:
- werkloosheid = groot probleem in SA
- werkloosheidsyfer = 23,9% aan einde van 2011
- werkskepping = belangrike deel van vermindering van ongelykheid + armoede
- werk wat geskep word moet volhoubaar wees
- Volhoubare werksgeleenthede is werksgeleenthede wat:
- lank sal hou sodat werknemers meer daarby sal baat
- in bedrywe is wat deur ekonomiese + omgewingsvolhoubaarheid aangedryf word
- die mense wat werkloos is het gewoonlik nie vaardighede nie
- land moet dus soorte werk skep wat werklose mense kan doen
- hiedie werksgeleenthede moet ook volhoubaar wees
- om werksgeleenthede te skep het regering in 2004 met die
Uitgebreide Openbare Werke-Program (UOWP) begin
- die program teiken ongeskoolde + werklose mense aan
- dit gee werk wat nie vaardigheid veg nie + opleiding om hulle
vaardighede te ontwikkel terwyl hulle werk
- UOWP = volhoubaar
- voorbeelde van UOWP-werksgeleenthede =
- omgewingswerke soos poste by Werk vir
Water (dis die Departement van
Omgewingsake se program om ontslae te
raak van indringerplante wat water
opgebruik)
- padbouwerk
- gemeenskapsgebaseerde gesondheidsorg
- werk in vroeë kinderontwikkeling
- Woordelys:
- lewenstandaard: mense se toegang tot produkte + dienste wat lewe geriefliker maak
- sanitasie: toiletfasiliteite
- Grondwet: die hoogste wet van SA, wat regte + pligte uiteensit
- Handves van Regte: ingesluit by Grondwet; dit is lys van
belangrikste regte van burgers van land
- broodlyn: lyn waarteen mense VS$1 / dag verdien. dit word beskou as minimum
bedrag geld wat mens kan verdien om in basiese behoeftes te voorsien
- vaardigheidstekort: tekort aan sekere vaardighede in land wat
beteken dat mense nie geskoold genoeg is om meer
gespesialiseerde poste wat beskikbaar is, te vul nie
- leerlingskapppe: wanneer mens vir besigheid werk +
terselfdetyd indiensopleiding ontvang
- stedelik: stad / beboude gebied
- landelik: op platteland / plase
- gesentraliseerd: in 1 spesifieke gebied / op 1 spesifieke groep gekonsentreer
- infrastruktuur: basiese stelsels + dienste wat nodig is om land behoorlik aan gang te
hou soos water, vervoer + geboue
- afgesonder (segregeer): om mense van verskillende rasse, gelowe +
kulture te skei + om hulle op verskillende manier te behandel
- volhoubare werksgeleenthede: werksgeleenthede wat 'n lang tyd hou + wat in
ekonomies + omgewingsvolhoubare bedrywe is
- indringerplante: plante wat nie oorspronklik van hierdie land is nie + wat
ons natuurlike plantegroei bedreig